V&A
MOTORS & VERKEER
Slegs een voertuig per paartjie. Motordeure word vir jou oopgemaak. Reël asseblief dat jy afgelaai word. Reël asseblief dat die motor onmiddelik verwyder word nadat julle uitgeklim het indien jy self bestuur. Onthou die spaarsleutel.
OUERSITPLEKKE
Slegs ouers word toegelaat. Geen alkohol nie. Ouers word nie in die saal toegelaat nie.
INSTAP
Loop asseblief dadelik oor die swart tapyt. Vermy die neem van foto’s – dit veroorsaak ’n bottelnek.
ALGEMENE REëLINGS
Die eerste gaste arriveer om 16:00. Die funksie eindig om 23:00. Leerders sal mekaar op ‘n grootskerm sien aankom. Hekke word gesluit. Leerders wat die perseel verlaat, sal nie weer by die funksie toegelaat word nie. Alkohol, tabak en damprook is verbode. Geen alkohol word bedien nie. Skoolreëls geld vir alle gaste. Gaste wat hulleself wangedra, sal versoek word om die perseel te verlaat. Die perseel sal deur sekuriteitsbeamptes gepatrolleer word. Die “after party” word nie deur die skool gereël nie.
KAARTFASILITEITE
Daar is sap vir elke tafel. Koeldrank-kontantkroeg vir eie rekening (slegs kaartfasiliteite).
FOTO’S
Formele foto’s kan op bestelling geplaas word. Slegs elektroniese betalings, foto’s sal na afloop van die matriekafskeid op die QR-kode geplaas word.